Die waarheid is strafbaar?

Day 1,198, 13:32 Published in South Africa South Africa by Dennis Pretorius

Dit is werklik te dom vir woorde dat die admins van eRepublik tientalle ePresidente het of gaan verban omdat hulle hul mening gee. Die punte van die artikel wat hulle onderteken het is geen malligheid nie, maar die simpele waarheid.

Ek irriteer my al vanaf dag 1 dat ek hierdie spelletjie speel dat ons land somaar oor gevat kan word deur 'n kwaadwillende groep spelers, as hulle al spelers is in plaas van hackers. Ons bevind onself nou in die hoeveelste republiek van eSuid-Afrika, die sesde?

Een van die punte op die lys is dan ook:

'Moeg van die onwettige PTOs van die kleiner lande'. Ja, ons is inderdaad gatvol van al ons werk wat verniet gedoen word. Elke keer as ons iets opgebou het, word dit weer deur 'n kwaadwillende groep stelselmatig afgebreek.

Bostaande het my daarvan weerhou om werklik aktief die spelletjie te speel. Waarom sal ek dit aktief gaan speel en daadwerklik probeer deel te neem in die eSuid-Afrikaanse ekonomie en weermag, as dit elke maand weer deur 'n ander groep verniel word. En hoe kan dit verniel word? Deur 'n gebrekkige spelmeganiek.

En verder maak dit my vreeslik naar dat spelers soos Krimpiekat, en verseker ook die ander presidente, wat oseane aan tyd in die spel gestop het, verband word omdat hulle hul menings gee.

As die admins werklik die beste met die spel voorhê, iets wat ek ernstig betwyfel, dan draai hulle die verbannings terug, en gou. Anders sal die skade onherstelbaar groot wees vir eRepublik.

Dit was my gedagtekronkels vir vanaand. Tot siens!