Van Pietersburg tot Kaapstad (deel1)

Day 1,554, 09:56 Published in South Africa South Africa by Ex Banned'it

So daar was ons ek, Grimsak, Rex, Wil, en Mulder, opad Paarl toe, ons het mos dit nou al n tyd lank beplan, om die horing van Kaapstad te sien, jy weet mos 'n Road trip en te danke aan Leewas wat nie sy vleis-pyp in sy broek kon hou nie moes ons dié ook gaan red het...

Jy sien Leewas het so paar dae voor die tyd gery, hy sou al die reëlings tref vir die verblyf,toere,vermaak en dies meer, maar toe ons weer hoor is ons makietie monster vas getrek deur die eBrasiliaanse polisie vir self ontblooting....
Volgens wat ek kon uitmaak, het ons liewe vriend gedink dit sou baie snaaks wees om kaalgat rond te stap met a South-African op sy bors geskrewe met 'n pyltjie na sy bad-monster, jy weet mos mens hoor altyd van die bekende "Brazilian" toe wou dié mos ambassadeur speel vir die "South-African".
Aangesien die Weskaap onder kontrak is, is daar ook n eBrasiliaanse administrasie so ons moes maar gaan pleit, maar dis toe waar die kak kom, langpad Kaap toe met bier en klippies kan mos net moeilikheid maak en Brannas het mos nie brieke nie!
Ek hoor nog Grimstone asof hy dit vyf minute terug gesê het, Hy X, "jy't nog vokol gedrink nie try die shot dis my special.." dis ook al wat ek onthou na ek my Picasso langs Leewas sé Kombi gemaak het....Sorry Leewas rerig rerig sorry, maar jy ken vir Grim en sy specials!


Wel toe ek weer by kom toe is ek sommer geBrazilian, ooghare, borshare en balhare....toemaar almal was geBrazillian aan die einde van die Roadtrip. O Donner amper vergeet ek, Rex die oorbly Droëwors, moenie dit eet nie... :/

So ons besluit toe om te oornag by Kimberley en om vir Wil 'n nuwe paar vellies te koop, Mulder dog mos hy word deur rotte aangeval toe is dié uit by die venster.
Na 'n lekker gekuier toe sien Kimberley ook sy gat en Wil het sy nuwe vellies, hy't homself n paar Crocs ook gekoop maar hy sal dit mos nou nooit erken nie...... So pienk kleur of soos hy sal stry "ligte-rooi"



So vat ons weer die langpad aan, Grimstone dog toe ons sal so bietjie besigtigingstoere gaan doen, het jy al sien hoe doen 'n Kombi 4x4? Oh Krimpie, nog n ding, daai klak geluid sal jy dalk moet laat uitcheck...


Maar dis nou waar die rerige kak begin....


English Version:
We went on a Roadtrip

to be continued.......