In Angola in

Day 1,519, 11:55 Published in South Africa South Africa by Ex Banned'it

Uit geheaal uit "Troepie - Van Blougat tot Bosoupa" deur Cameron Blake

Toe ek in Angola was, hier van die middel- na laat-sewentigs, het ons in ons Portugese uniforms en tekkies rondgeloop. Afrikaners het slegte Engels met mekaar gepraat want ons, die Suid-Afrikaners, was nie veronderstel om daar te wees nie. Ons kon nie Afrikaans met mekaar praat nie, maar moes Engels praat, en natuurlik was ons Engels nie watwonders nie. Maar ja, ons het daardeur gekom.
Toe ek ingegeaan het, was dit met n groter operasie. Die pantser het hulle infanterie-ondersteuning gehad, maar ons het gewooonlik n ander infanterie-eenheid by ons gehad, soos die Cape Town Highlanders. Een ou het sy Honoris Crux gekry as gevolg van die aksie wat onsop die lyf geloop het. Hy was n Kaptein in die CTH. Ons basis is met mortiere aangeval. n Paar tente is getref. Gelukkig het niemand seergekry nie. Ons het die vorige aand n partytjie gehad en van ons was nog aangeklam. Dit het n paar lewens gered - ons was opn plek waar ons nie moes gewees het nie. Ons het twee 90 mm - rondes afgevuur en dit was die einde van die skermutselinkie.
Ons het verskriklike goed gesien. Maar jy weet, dis asof jy n motorongeluk sien - dit maak jou n bietjie harder. Dit het beslis in Angola gebeur. Jy het mense se stukkies opgetel, en so aan. Dit was nie baie aangenaam nie, en jy het bietjie afgestomp en gehard geraak, want jy het die terrs sowel as jou eie mense se stukkies opgetel. Dit was meesal weens landmyne en lukrake skietaanvalle. Ek wil nie polities raak nie, maar jy het die MPLA en FNLA albei gehad, en ongelukkig, wanneer jy in n situasie beland het, het jy nie gevra wie of wat hulle ondersteun nie; jy het hulle almal uitgewis.

32 het winter- en somer-kamoeflering gehad, terwyl die Recces nooit erkende uniforms gehad het nie en enigiets wat beskikbaar was,gedra het. Hulle het gebruik wat hulle kon. Het goed gebruik wat as ondiensbaar afgeskryf is - goed wat agter by store uitgegooi is. Hulle het daardeur gesoek en gevat wat hulle nodig gehad het.
Bravo Groep het oorspronklik ou Porra kammo's en toe SAW browns gedra. Toe die States hulle finansieel begin ondersteun, het hulle n erkende eenheid gevorm en 32 geword. Omdat hulle so ver in Angola ingegaan het - ten minste 200 kilo's - het hulle hulle eie kamoeflering gebruik om hulle bedrywighede te onderskei van operasies waarby Nationale Dienspligtiges betrokke was.