Geluk aan ons nuwe Staatspresident

Day 1,567, 13:39 Published in South Africa South Africa by Ex Banned'it

Ek is bly om in alle vetroue te sê Steven Bosch wen die Presidentiële wedloop sonder twyfel!
Ek was en is al 'n tyd lank bekommert oor dié huidige toestand van eSA, dis 'n bekommernis wat nie net enige iemand sal kan oorkom nie...
Daar is amper eindelose probleme wat geidentifiseër is en aangespreek moet word...

Ek en Steven werk nou al 'n hele ruk saam, vanaf die hele Wincenty1 debacle en tot 'n mate is ek bly, dit het gelei dat ek en Steven begin rerig kommunikeer het, meer as die normale Hallo, ek was altyd onder die indruk Steven Bosch is van die VSA, as dit n beter prentjie skep, maar ek het die man leer ken en glo, wel van my kant af, dat daar 'n goeie vriendskap ontwikkel het, en is sonder twyfel een van dié wat ek rerig respekteur en vetrou hier!


Nickerball toets die nuwe VP kar uit


Nou sonder dat ek vooroordeel deur 'n vriendskap wat gevorm het, dink ek daar is geen beter persone wat hierdie berg van 'n taak sal kan so goed aanpak soos Steven en Nickerball nie, altwee van hulle het n passie vir eSA, altwee vol bloed Suid-Afrikaners en legendes in hul eie reg!


Daar is 'n opwindende pad wat vir eSA voorlê en Steeven & Nickerball kan beslis op my staat maak om hulle my 100% te gee vir die terme en sou hulle besluit om weer te hardloop....(skimp skimp)

Geluk aan altwee van julle!!

Steven se uitdrukking toe hy die resultate sien: