[AFR] eSuid-Afrika : lees tog net die blerrie ding

Day 1,566, 00:27 Published in South Africa South Africa by Steven Bosch

The koeksister is indeed a South African delicacy - made from syprupy deep-fried pastry.

Dis nogal ironies om te sien hoe ons maar net weer geneig is om terug te deins en die oordentlike party is. En dis ook goed, want ons wil nie ander mense uitsluit nie. So, praat die Afrikaans, vertaal vir die ander, en leer soms ook maar vir hulle wat gesê word. En ek sê nie ons moet die ander afpis nie (jammer tannie, maar onthou met wie praat ek). Kom ons wys mense die taal, wees trots daarop, maar respekteer die ander spelers ook (totdat iemand uitskree: 'Jou ma se koeksister man' - dankie julle, ons het nou al bietjie Jack Parow vir mense geleer, maar ons kan die regte taal ook maar vir mense leer).

Krimpie en Ex'Banned'it (en eks seker daar's ander ook) het vir my uitgewys dat Afrikaans eintlik in eRep vreeslik gemarginaliseerd is. Daar is byvoorbeeld nie eens 'n mod wat Afrikaans magtig is nie. So ons het nodig om die prominensie van Afrikaans te wys voordat mense sal luister. Pappa praat maar die ore is min? Hoekom voel dit maar vir my of ons oral afgeskeep word?
In terme van ERepublik, is dit die grootste inheemse taal in ons gemeenskap - ons is geregtig daarop.

Belea2008 het die uitdaging gestel dat ons dalk die verwelkomingsboodskap in Afrikaans moet skryf. Hy het 'n punt beet. Daar behoort ten minste iets te wees vir die local om ook te verstaan, en welkom te voel. En ons almal weet dat taal in 'n vreemde plek 'n groot rol speel.

Ek is Steven Bosch, en ek is katjie van die baan.
Ek besef nou eers dat hierdie verkiesing vierkantig tussen twee Afrikaners teen twee uitlanders is.

Translation: If we say we're diverse as a country, we need to acknowledge the largest indigenous language spoken in eRepublik eSouth Africa. And that doesn't mean excluding others, but embracing the fact that the language exists. And if it is going to get a player more passionate to speak in their mother tongue, its great. As long as we translate a little too. Afrikaans is the largest indigenous language spoken in our community of eSA and we're not going to be ashamed of it, not if it adds flavour to our society.