Die Vark

Day 1,035, 14:55 Published in South Africa South Africa by Krimpiekat

Ou Van gaan kla by sy vriende. Hy sê sy vrou rand hom aan.
Elke keer as hy bietjie saam met sy vriende kuier en laat inkom, dan
moer sy hom en hy is nou keelvol daarvoor.

Hulle stem saam dat dit gestop word. Volgens hulle sal die beste manier
wees as hy nou weer laat en gesuip inkom en sy
konfronteer hom moet hy haar gryp , passievolle liefde met haar maak,
maar hy moet wild aangaan, en dan sal sy volgens hulle later nie meer
omgee as hy laat inkom nie.

Ou Van kyk hul ongelowig aan en sê dat hulle nie sy vrou ken nie, maar
besluit tog om dit te probeer. Slinger, slinger na 12 kom hy by die huis
aan.
Die huis is stikdonker en hy loop teen haar vas en hy besluit nou of
nooit.
Hy gryp haar, tel haar op en vat haar spaarkamer toe en hy doen sy
passievolle wilde ding, so gaan dit vir maklik 'n uur aan.

Moeg, gaan hy kombuis toe vir 'n glasie melk. Hy sit die kombuis lig
aan en hier sit sy vrou by die tafel en ou Van skrik hom nugter.
Hy vra "wat maak jy hier?"
Tipies man, ek het jou vanoggend gesê my ma kom kuier en op die eerste
aand kom jy na middernag by die huis aan en stormdronk daarby.

Ou Van gaan sit sommer op die kombuis vloer en vertel haar alles wat hy
met haar ma gedoen het.
Sy sleep hom spaarkamer toe, waar haar ma nog oopketel lê, sigaret in
die mond...

Sy sê vir haar ma "Hemel ma, kon ma nie iets gesê het nie?"

Haar ma loer haar met skrefies oë en sê " Jy weet ek praat nie met die
vark nie."