Blondes

Day 1,029, 00:45 Published in South Africa South Africa by Krimpiekat

‘n Brunet sien haar blonde buurvrou trippel elke vyf minute na haar posbus toe.

“Verwag jy ‘n belangrike brief?” vra die brunet.

“Nee,” sê die blondine, “maar my rekenaar hou aan sê ek het pos.”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Kyk jy vir jou Man?
Sielkundige vra vir blondine: "Kyk jy vir jou man se gesig gedurende seks?"

Blondine: "Ja, een keer en hy het redelik die moer in gelyk."

"Hoe so?" vra die sielkundige

Antwoord die blondine: "Hy het by die venster ingeloer!"
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blondine sit in die restaurant.

Die kelner vra haar: “Sop vir u?”

Sy antwoor😛 “Pasop vir jou ook!”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die tabakboer wys vir die blondine hoe sy plaas lyk. Terwyl hulle so na die tabakplante staan en kyk, vra die blondine: “Wanneer word die sigarette ryp?”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Nog ‘n manier om ‘n blondine by ‘n begrafnis te herken?

Dis die een wat die ruiker probeer vang.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Twee Blondies kom op 'n spoor af.Eerste blond dit is 'n leeu spoor.Tweede blond nee dit is 'n olifant spoor.Na 'n styery besluit hulle om die spoor te volg en nie te lank nie ry die trein albei dood
- - - - - - - - - - - - - - - -
Brunet se vir die blon😛"Next week I'm goiing over to Greece"
Blon😛"Nee jong,jy's mal bly liewer by Vaseline!
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blondine loop saam met die boer op sy plaas rond toe sy 'n kwaai bul agter die draad sien staan. "Is die bul veilig?" vra sy. "O, ja," antwoord die boer, "die bul is veilig, maar ek dink nie jy is nie."
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat het met die blonde terroris gebeur toe sy die bus probeer opblaas het? Sy het haar lippe op die uitlaatpyp gebrand.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoeveel blondines is nodig om springmielies te maak? Vier. Een om die pot vas te hou en drie om die stoof op en af te skud.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat antwoord 'n blondine as jy haar vra of haar flikkerlig aan is? "Dis aan, nou's dit af, dis weer aan, dis af …"
- - - - - - - - - - - - - - - -
'n Ryk blondine sien 'n boemelaar by die supermark se parkeerterrein. Hy staan op sy knieë en eet gras. "Is jy honger?" vra sy baie ontsteld. Hy knik sy kop. "Kom saam huis toe," sê sy. "Ek kan nie," antwoord hjy. "My hele familie is ook hier." "Bring hulle almal saam, By my huis staan die gras net so hoog."
- - - - - - - - - - - - - - - -
"Hoekom eet jy jou stuk koek so vinnig?" vra die blondine se vriendin. "Ek's op 'n kitsdieet," antwoord die blondine.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoe weet jy wanneer 'n blondine die kombuis opgeruim het? Daar is papierborde in die skottelgoedwasmasjien.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blondine koop twee pakkies motbolletjies by die apteek. Die volgende dag is sy terug om nog te koop. "Sjoe, maar daar moet baie motte in jou woonstel wees," sê die apteker. "Nie reg nie," sê die blondine. "Ek sukkel net om hulle raak te gooi."