Begrafnis

Day 1,025, 18:11 Published in South Africa South Africa by Krimpiekat

Met die nuus van haar oupa se afsterwe besluit Kietie om haar 95-jarige ouma te gaan troos.
Daar aangekom vis sy sommer uit nou presies hoe oupa die graaf in die ceiling gesteek het.

Ouma verduidelik toe dat die dit gebeur het toe sy en oupa mekaar so bietjie geraps het Sondag oggend en ou die ou ballie toe ‘n hartaanval gekry het.
Kietie verduidelik toe vir haar ouma dat dit mos nou kaksoek is vir 2 mense wat grens aan 100 om soos twee standerd sewe’s te kere te gaan.
“Nee” sê ouma “ons was altyd versigtig.
Ons het die kerkklok se ritme gevang. Op elke ‘dong’ is dit in en op elke ‘ding’ is dit uit.
Niks stresvol nie, net lekker.”

Kietie haal toe haar sakdoek uit, pik ‘n traantjie weg en sê: “Toe moes daai fokken ice-cream trok mos donners verby die huis ry!”