Afrikaners is plesierig, of is hulle?

Day 1,038, 02:53 Published in South Africa South Africa by Krimpiekat

Teen die tyd weet almal van julle seker dat ek nie n Afrikaner is nie. Of afrikaans.
Ek is n volbloed jood wat grootgeword het in die Oranje Vrystaat. Vir my as kind was dit sing of swem. Moes Afrikaans op die harde manier aanleer. Bloedneus en diklip.
Ek het twee dinge in die proses geleer. Om vlot afrikaans te praat in so mate dat ek dit naderhand as eerste taal op skool kon neem en om rerig goed te kan baklei.
Daai plaasjapies donner hard om dit plein te stel.

Dis wat my laat wonder het, is die Afrikaanse mense op eRep skaam vir hulle taal? Of is hulle so geintimideer deur die spul vrotasem uitlanders wat die land gesteel het dat hulle maar eerder stilbly?
Dis nie die tipe mense wat ek mee saam grootgeword het nie.

Behalwe vir die random artikel deur Knickerball in afrikaans sien mens nie ooit Afrikaans hier nie, behalwe vir die kak wat ek publiseer om die PTO'ers te irriteer

Waarop ek net wil se: Fokken awesome mense. Lyk my ek sal dit maar moet aanhou doen vir julle totdat ek gatvol raak, 80% daar, of tot ek terug Israel toe neuk en daar loop 2click.

Staan op vir julle taal my fok. Laat hulle notisie neem van julle. Nie net soos n klomp skape rondhang en wag vir iemand om die leiding te neem nie. Doen net donnerswil iets!