Staat [Afrikaans Only]
Wilpanzer
Hallo almal
Ek het nou eers besef dat ek drie dae terug my 3rde e-verjaarsdag moes vier. In ‘n spel soos eRepublik glo ek dat mens dikwels jou doelstellings moet heroorweeg. eRepublik is moontlik een van die mees komplekse MMOs wat bestaan. Die feit dat die spelers tot ‘n groot mate gemeenskappe vorm, oorloë begin en politiek aanvoer is ‘n groot bewys daarvan. Daar is egter ook ‘n groot mate van elitisme en verneukery wat deur diegene gevoer word wat baie geld op die spel spandeer.
eRepublik het my sowel as ‘n paar ander goeie e-vriende verbitter. Die onreg wat geskied gaan my verstand te bowe. Dit bederf ons hele gemeenskap. Ons loop al ‘n lang pad van onnodige kwale en ek glo dat Lazocracy net die spyker in die kus is. Al oorwin ons Lazocracy, staan ons nog steeds met ons rug teen die muur, want Argentinie blyk my om ‘n gulsige bliksem te wees.
Waarheen dan? Daar is sprake van emigreer, daar is sprake van bly en dan is daar sprake van opgee. Dit is makliker gesê as gedaan. Met elke keuse sal ons nuwe uitdagings moet trotseer, vergeet van wat in die verlede was en saamstaan. As ons bly, sal ons mense moet kan oortuig om te bly en deel vorm van die aktiewe gemeenskap. Indien ons emigreer sal ons moet konformeer met nuwe standaarde en ‘n nuwe e-kultuur. As ons ingee sal ons moet doen wat die Sosatie-sandmense vir ons sê. Ons sal blote dienaars wees van ‘n klomp lakke.
Daar is drie keuses, maar ons kort meer as keuses. Ons kort ‘n visie. Ons benodig ‘n avontuur. Ek wil amper sê dat ons nie meer “as” of “indien” moet sê nie, maar dat ons die sekerheid sal hê om “wanneer” te gebruik. In ons huidige toestand is ons waardeloos. Ek het alreeds gestel dat ek nie gewillig is om ‘n e-Nigerier te word nie, maar daar is goeie mense in Asgard, dalk is daar ‘n ander gemeenskap wat ons meer by sal baat. Indien ons sou bly sal sal ons ook ons stryd in ‘n nuwe lig moet oorweeg. Daar is nie meer nut vir ‘n 2-clicker nie. Hulle daag selde op om op gunstige tye te veg en hulle stem selde oor naweke. Ons sal heel radikaal moet begin dink om enigsins ‘n weerstandsbeweging te verteenwoordig.
Kom ons dink aan ‘n bestemming. Die stryd is lank en ons tyd raak min.
Comments
English to follow in a few days' time.
Visie. Avontuur. 'n Braaipak en krummelpap!
Jinne ja, ek kan nie rerig aan iets beter dink nie!
Kom op man , niet zeuren.
Het is juist góed dat wij hierheen zijn gekomen.
Voorlopig zijn wij hier de baas.
Keep it or leave it...
So ons moet ook cheat om die game te geniet?
Broer,
Ik weet dat jíj een echte en trotse Afrikaanse bent,
Kwestie is dat wij als groep hierheen zijn gekomen en niet zijn geaccepteerd.
Accepteer ons gewoon, is er helemaal geen probleem meer.
Wij streven ernaar om Zuid-Afrika in erepublik een goede positie te geven.
Yeah, except you don't actually provide nor do you include. Its all about power and control. You are outsiders because you behave as such. It is not about who is in charge. It is about the rotten state of everything with your arrival. We have always had and continue to want a society with:
- Free political activity.
- Open discussion in congress/forums.
- Patriotism to South Africa.
You are worth nothing to us because you offer nothing worthwhile. And that is not whining -- its a statement of fact. There is nothing you do that you would accept done to you.
Bliksem is n goeie woord vir die kalant ook. En n ander een is miskien Po..pol.
War is over, finished on time...
War is only over when people stop fighting. You know nothing about how to end fighting... you leave us to assume a cultural blind-spot.
what is the problem again? We are governing the country very well, what disturbs you 🙂
ayakkabı kutuları gelmiyormuş. zappanın afrika versiyonu adam işte 😛
You are destroying a really good, faithful and patriotic eCommunity. But that was the plan right?
how do you govern the country if the country, who is us, doesn not even know what you're doing and where you're doing it, see you post this 'what is the problem again?' like there is no problem when you destroy our whole community, the people who built and stood for this country yet you pat yourself on the shoulder and tell yourself how brilliant you are, nee man fok hierdie mense, hulle gee fokol om wat hier gebeur nie en hulle gee fokol om oor hierdie e-land nie, skies ek weet daar is mense hier rond wat voel dat ons mooi moet speel sodat die lazo's oor hulle seer gevoelens kan kom omdat ons hulle nie sommer net aanvaar het nie maar hulle gee nie om nie, hulle is hier om ons land te rioneer en wanner hulle klaar die hele plek uitmekaar gedryf het is dit alles onskuldig
zappa tektir!
Baie goeie artikel ! Gestem
Gestem vir geregtigheid.
o7
voted
o7
Stem saam o7