TWEE OPWINDENDE KANDIDATE OM VOOR TE STEM

Day 1,566, 22:20 Published in South Africa South Africa by Nickerball

Bewaar die klipkop wat nie vandag stem nie. Daar is sbosch en daar is Mr Wet. Dis twee opwindende name en elkeen verskillend van die ander.



Mr Wet hou daarvan om luidrugtig, spoggerig en banaal te wees. Om sy grassie te rook en sy ding te doen. Hy is nie ‘n sleg ou nie, inteendeel met sy vorige termyn as President het hy nogal indruk gemaak met die niks wat hy bereik het nie. Streng gesproke is hy eintlik ‘n grapgat. Hy het egter ‘n baie stil maand beleef, nie net in eSA nie maar ewereldwyd was dit stil gewees, so ek verkwalik hom glad nie.



sbosch aka Mr Kitty is weer helemal die teenoorgestelde van Mr Wet. ‘n Stil mens wat baie rustig voorkom, maar wat my soms laat wonder hoe rustig is daardie rustig nou eintlik. Hy weet presies wat hy wil doen en waarheen hy oppad is, die groot vraag is net of hy die geleentheid daartoe gaan kry. Hy was al voorheen die land se President, een van die wat dit reggekry het om vir ‘n tweede termyn herkies te raak, en dit sê nogal iets van die man.

Daar is die twee kandidate vir wie daar gestem kan word. Is daar enige rede hoekom jy nie kan stem nie?




Nickerball