Moenie te hard op ons wees nie

Day 1,104, 11:18 Published in South Africa South Africa by Nickerball

Ek was nou vir 'n hele lang ruk stil, deels omdat ek so effe gatvol geraak het vir die Hongare wat geen ontsag of respek vir enige van ons Suid Afrikaners het nie, en andersins omdat ons dit toegelaat het.
Van my kant af is ek net so skuldig soos die volgende Suid Afrikaner wat verwag dat die ingevoerde eSA burgers die ding vir ons sal doen, en is dit nie ook maar so 'n die regte lewe nie? Dis mos nou baie gerieflik om dit te wil doen want ek is mos in die buiteland. ten minste het ek gestem en gesê waar my hart lê. Ons almal het 'n hele bek vol te sê oor alles maar as die skoen die voet pas, staan ons en kyk hoe die ander die baklei en toi toi werk vir ons doen. Ons skraap maar dan lekker saam uit die vleispotte waarvoor daar so getoi toi was. Dis mos lekker, want nou kan ons onsself veronskuldig dat ons nie barbaars genoeg is om te doen wat hulle die nie. Lekker vir 'n iemand om deel van die Reenboognasie te wees.
Ek kyk na die opname van mense wat nou gestem het in die verkiesing en sien dis 'n skamele paar wat vanuit die buiteland uit gestem het. Selfs die mense in die land het maar so ylerig gestem so asof hulle nie meer glo daar is hoop nie. Waar is die hoop en geloof dat die land wel kan opstaan uit die as uit? Dis beslis nie te laat nie.
Lojaliteit vereis nie dat jy soos 'n foksterrier agter die mense moet aanhardloop en saamkef nie, maar dit beteken dat jy moet doen wat van jou verwag word om 'n ware eSA burger te wees, stem vir dit wat saakmaak, een of ander tyd sal ons weer bo uitkom, en dan wil jy wat nie bereid was om te stem nie, tog nie weer saamry op die glorie van die wat die wel die land terug kon kry nie.
Kan jy se jou gewete is skoon en dat jy wel vanuit jou hoekie gestem het vir reg en geregtigheid?
Dis goed en wel om "Ek vir jou Suid Afrika" te verkondig, maar as jy dit doen, bedoel dit en doen wat jy kan binne jou vermoeë om wel jou deel by te dra, maak nie saak hoe klein nie, elke bietjie help, selfs al is dit vanuit die buiteland uit.
Dis maar nou net my beskeie siening en gevoel oor die saak.