Staat [Afrikaans Only]

Day 2,372, 12:03 Published in South Africa South Africa by Wilpanzer

Hallo almal

Ek het nou eers besef dat ek drie dae terug my 3rde e-verjaarsdag moes vier. In ‘n spel soos eRepublik glo ek dat mens dikwels jou doelstellings moet heroorweeg. eRepublik is moontlik een van die mees komplekse MMOs wat bestaan. Die feit dat die spelers tot ‘n groot mate gemeenskappe vorm, oorloë begin en politiek aanvoer is ‘n groot bewys daarvan. Daar is egter ook ‘n groot mate van elitisme en verneukery wat deur diegene gevoer word wat baie geld op die spel spandeer.

eRepublik het my sowel as ‘n paar ander goeie e-vriende verbitter. Die onreg wat geskied gaan my verstand te bowe. Dit bederf ons hele gemeenskap. Ons loop al ‘n lang pad van onnodige kwale en ek glo dat Lazocracy net die spyker in die kus is. Al oorwin ons Lazocracy, staan ons nog steeds met ons rug teen die muur, want Argentinie blyk my om ‘n gulsige bliksem te wees.

Waarheen dan? Daar is sprake van emigreer, daar is sprake van bly en dan is daar sprake van opgee. Dit is makliker gesê as gedaan. Met elke keuse sal ons nuwe uitdagings moet trotseer, vergeet van wat in die verlede was en saamstaan. As ons bly, sal ons mense moet kan oortuig om te bly en deel vorm van die aktiewe gemeenskap. Indien ons emigreer sal ons moet konformeer met nuwe standaarde en ‘n nuwe e-kultuur. As ons ingee sal ons moet doen wat die Sosatie-sandmense vir ons sê. Ons sal blote dienaars wees van ‘n klomp lakke.

Daar is drie keuses, maar ons kort meer as keuses. Ons kort ‘n visie. Ons benodig ‘n avontuur. Ek wil amper sê dat ons nie meer “as” of “indien” moet sê nie, maar dat ons die sekerheid sal hê om “wanneer” te gebruik. In ons huidige toestand is ons waardeloos. Ek het alreeds gestel dat ek nie gewillig is om ‘n e-Nigerier te word nie, maar daar is goeie mense in Asgard, dalk is daar ‘n ander gemeenskap wat ons meer by sal baat. Indien ons sou bly sal sal ons ook ons stryd in ‘n nuwe lig moet oorweeg. Daar is nie meer nut vir ‘n 2-clicker nie. Hulle daag selde op om op gunstige tye te veg en hulle stem selde oor naweke. Ons sal heel radikaal moet begin dink om enigsins ‘n weerstandsbeweging te verteenwoordig.

Kom ons dink aan ‘n bestemming. Die stryd is lank en ons tyd raak min.