Die Begin

Day 2,534, 05:01 Published in South Africa South Africa by Wilpanzer

Goeie dag dames en here

Die Lazokrate het ons in ‘n moeilike era gedompel. Daar was nog altyd ‘n simbiotiese verhouding tussen ons regering en die burgers. Daar was selfs tye wat my laat wonder het waar die regering begin en geeindig het, want dit het voorgekom asof alle aktiewe burgers een of ander regeringspos gehad het.
Vandag sit ons sonder land, ekonomie en leierskap. Ons oorspronklike forum is aan die vyand oorgelewer en Krimpie kak(letterlik) en kla oor hoekom ons niks aan die saak doen nie.

Met die onlangse toernooi agter die rug is een ding onder my aandag gebring. Die van ons wat Oostenryk toe is om bietjie te veg het ietwat opgewonde geraak. Dis altyd lekker om ons aartsvyande met biltong te donner, maar nou dat ons land in onwettige hande is, het dit geen morale uitwerking op ons nie. Wat dit lekker gemaak het was nie net blootweg ‘n verandering in omgewing nie, maar dat ons as ‘n groep daar was; dat ons die eSuid-Afrikaanse gemeenskap verteenwoordig het.

Die Begin

Geagte landsgenote, volksgenote en medeburgers. Daar moet ‘n begin wees waar die era geëindig het. Ons is tog nog hier. Ons het heelwat verloor, maar ons het nog steeds heelwat op hande. Ek wil julle almal aanspoor om saam te staan en te herbou aan wat eens was, sodat dit weer kan wees. Ek praat natuurlik nie van eSA as die Brasiliaanse of Argentynse pion nie. Ek praat natuurlik van die gemeenskap van eAfrikane wat van toeka af tot nou eSA as tuisland bewoon en gevier het.

Wat kan ons doen?

Maak die mense bymekaar. Ons het nog ‘n wonderlike forum wat daagliks onderhou word. Kom neem deel aan die gesprek. Help ons om struktuur te kry en help ons om ons plek te vind in die nuwe era.

Dankie en hou die gees!



Greetings ladies and gentlemen

The Lazocrats have plunged us into a difficult era. There has always been a symbiotic relationship between our government and the citizens. I can even recall periods of time where I was uncertain as to where the government began and ended. It seemed as if every citizen had a governmental position.
Today we are left with no land, economy or leadership. Our original forums were surrendered to the Lazos and Krimpie shits(literally) and complains about our motionless stance towards our current situation.

At the end of the recent tournament I realized one thing, and that is the excitement that fighting for Austria generated, even if it only lasted for a while. It has always been fun to bliksem our arch enemies with biltong, but now that we’re ruled by an illegitimate state, there’s no morale influence of these things. What made it fun was that we participated as a group and that we kinda represented the eSouth African community.

The Beginning

Dear compatriots. There must be a beginning where the last era ended. We still stand. We've lost a lot, but we've still managed to retain a lot. I want to implore you all to stand united and rebuild eSA to its former glory. I'm not talking about eSA as Brazilian or Argentinian puppet, but eSA as the community that has embraced and celebrated this land as its homeland, its motherland and its fatherland.

What can we do?

Unite. We still have a wonderful forum which is maintained daily. I’d like to implore you to participate, structure and help find our place in this new era.

Thanks and keep up the good spirits.


Ons vir jou Suid-Afrika!